Oupa- en Oumadag 2018
By Totius-Pikkies streef ons na die beste onderrig vir u kind deur leerders die geleentheid te gee om speel-speel in groepsverband
te ontwikkel. Persoonlike deelname word egter ook aangemoedig en leerders moet self dink, self doen en self redeneer. Hierdeur berei
ons die Pikkies, u kind, optimaal voor vir Graad 1.
Daar is 3 Pikkie-klasse wat gerieflik geleƫ is op die skool terrein. Ons Pikkie geriewe word voortdurend ontwikkel en opgegradeer
om te verseker dat leerders in 'n goed-toegeruste leeromgewing is. By Totius-Pikkies leer u kind maats en die skool omgewing ken,
wat die aanpassing in Gr. 1 vergemaklik.
As Totius-Pikkie kan u kind ook deel vorm van Totius se na-skool fasiliteit. U kind se vordering word ook deur middel van
gereelde vorderingsverslae en oueraande aan u deurgegee.